Ram se Wiskunde-onnies leer meer

Ram se wiskunde-onderwysers leer nuwe vaardighede om in die klas toe te pas.

Laerskool Randfontein (Ram) se wiskunde-onderwysers het tydens die afgelope Julie-vakansie aan die Vereniging van Afrikaanse Wiskunde-onderwysers se Wiskundekongres deelgeneem en baie tydens die geleentheid geleer.

Volgens die skakelbeampte van Laerskool Randfontein, Annie Nolan, het dié kongres by Buffelspoort plaasgevind.

“Die kongres het afgeskop met ‘n spanbousessie waar al die onderwysers ‘n muisval- (mousetrap) karretjie moes bou en teen mekaar resies jaag. Die onderwysers het dit baie geniet en vinnig as een man in ‘n span saamgewerk,” vertel Nolan.

Sy vertel verder dat verskeie gassprekers die onderwysers kom toespreek het en nuwe vaardighede geleer het oor hoe om tegnologie in hul lesse in te reken.

Daar is veral aandag geskenk aan die program GeoGerbra en ander rekenaarprogramme.

“Die personeel het hulle rekenvaardighede verbeter tydens baie uitdagende werksessies en interessante nuwe metodes geleer om Wiskunde aan te bied deur eenvoudige alledaagse gebeure te gebruik,” vertel Nolan.

Die personeellede het hul wiskundekennis baie uitgebrei tydens die kongres en kan nie wag om dit te gebruik om Ram se leerlinge tot hoër hoogtes in Wiskunde te onderrig nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version