Jannes bied eie Noot vir Noot aan

Jan Viljoen nooi die hele gemeenskap uit om hul musiekkennis te toets.

Hoërskool Jan Viljoen bied op Saterdag 2 Augustus hul eie en pretbelaaide Noot vir Noot-aand aan en nooi ook die hele gemeenskap om dié geleentheid saam met hulle te kom geniet.

Volgens die organiseeder van die geleentheid, Magdie de Winnaar, beloof die aand om weereens baie pret vir elke deelnemer te wees. Sy vertel dat hulle in die verlede al verskeie Musiekpret, Noot vir Noot-aande aangebied het en soveel belangstelling gehad het dat hulle besluit het om dit weer te doen.

“Ons pak jaarliks verskeie fondsinsamelilngsprojekte aan en die Noot vir Noot-aand is een daarvan. Al die fondse wat ons deur dié projekte insamel word aangewend om minderbevoorregte leerlinge in ons skool te help,” vertel De Winnaar.

Aangesien die geleentheid as ‘n fondsinsamelingsprojek dien, moet diegene wat belangstel vooraf ‘n sitplek en/ of tafel bespreek en daarvoor betaal.

Die koste beloop R100 per persoon en indien jy ‘n tafel wil bespreek is dit steeds R100 per persoon, maar omdat daar 12 stoele per tafel is, beloop die koste vir ‘n tafel R1 200.

“Ek doen ook ‘n beroep op diegene wat belangstel om so gou moontlik hul besprekings te doen, aangesien die geleentheid baie aftrek geniet en verskeie tafels reeds bespreek is,” vertel De Winnaar.

Vir meer inligting rondom die geleentheid, skakel gerus vir Magdie de Winnaar by 079 480 3512.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version