NewsSchools

Oud en jonk kom saam op rolbalbaan

Byna 100 van Laerskool Randfontein betrokke by fondsinsameling.

Dis nie elke dag dat kinders by rolbal betrokke is nie, tog het die leierouerkomittee van Laerskool Randfontein onder die leiding van Cecilia Meyer ‘n rolbalfondsinsameling die afgelope skoolvakansie gehou.

Volgens Laerskool Randfontein se skakelbeampte, Annie Nolan het daar 96 spelers in 24 spanne aan die geleentheid by Randfontein Rolbalklub deelgeneem.

“Oud en jonk het aan die pretdag deelgeneem. Die leiers het ook ‘n paar spanne ingeskryf en vir die ouer garde gewys hoe daar rolbal gespeel word,” vertel Nolan.

Sy sê dat die dag met ‘n spider-speletjie afgeskop is.

“Tydens die spider-speletjie moes almal terselfdertyd die groter swart bal na die klein wit bal rol. Die persoon wie se swart bal die naaste aan die wit bal kom, wen,” vertel Nolan. Die wenner was Stefanie Wolfaardt.

Laerskool Randfontein se hoof, Leon Haupt en sy span het gewys dat hulle ook oor verskeie verskuilde talente beskik toe hulle as die algehele wenners aangewys is.

Die hoofleiers van Laerskool Randfontein, Ruan Nel, Charl Meyer, Giselle Rautenbach en Micheala Moraitis het kort op hul hakke in die tweede plek geëindig.

“Ons almal by Laerskool Randfontein wil graag vir Randfontein Rolbalklub en veral vir Vera Pretorius bedank vir hul hulp en afrigting, sowel as die geleentheid om daar rolbal te kon speel. Ons almal het dit baie geniet,” vertel Nolan.

Related Articles

Back to top button