Madiba Dag: Adonia Angels hou sopkombuis

Lede van Adonia Angels deel sop by Dick Powel Villas uit.

Met die doel om as deel van Mandela Dag ‘n verskil in die gemeenskap te maak, het lede van Adonia Angels van vroegoggend af sop en brood by Dick Powel Villas aan die gemeenskap uitgedeel.

Volgens die stigter van die Adonia Angels Projek, Corrie van Loggerenberg, het ‘n groep van hulle lede in Krugersdorp ‘n soortgelyke projek as deel van Mandela Dag aangepak.

“Ons het al reeds van vroegoggend af begin om die sop en brood na Dick Powel Villas te vervoer,” vertel Van Loggerenberg.

Sy vertel verder dat hulle voorsorg getref het om vir sowat 300 minderbevoorregde lede van die gemeenskap sop en brood te gee.

“Vanjaar is die eerste jaar wat ons ‘n sopkombuis op Mandela Dag loods, maar dit was so groot sukses dat ons dit beslis ‘n jaarlikse instelling by Adonia Angels gaan maak,” vertel Van Loggerenberg.

Sy bedank ook elke borg wat bygedra het tot die sukses van die dag.

“Veral vir Mabaleng Traiding, wat soveel moeite met hul borgskap gedoen het. Sonder julle hulp en ondersteuning sou dié sopkombuis nie ‘n sukses gewees het nie.”

Vir meer fotos kliek hier

Exit mobile version