Local newsNews

VLU-lede raak vaardig met tokreen

Vroue van die VLU Ridderspore-tak maak interessante tokreenartikels.

Die Vroue-Landbou-Unie (VLU) Ridderspore-tak het tydens hul Julie-vergadering meer oor tokreenwerk geleer en ook hope pret gehad terwyl hulle dit doen.

Volgens die voorsitter van die tak, Gerda Benadé, is dit die VLU se doel om vroue in die gemeenskap op te lei in allerhande selfdoenprojekte. Sy vertel dat sy maandeliks verskillende projekte saam met haar lede aanpak.

“Dié maand het ons op tokreenwerk gefokus,” sê Benadé. Tokreen is ‘n verfbasis met ‘n verharder wat waterdig word sodra dit droog is.

Sy vertel verder dat dié klas deur een van die tak se lede, Marjorie Bosman, aangebied is. Sowat nege lede het die klas bygewoon en hulself gate uit geniet.

“Die vergadering was ‘n reuse sukses en elkeen teenwoordig het met allerhande snaakse en uitstekende idees vir hul tokreenartikels vorendag gekom,” sê Benadé.

Die VLU Ridderspore-tak se volgende vergadering sal op Donderdag 7 Augustus plaasvind.

“Tydens dié byeenkoms gaan ons blomme uit herwinbare plastiekbottels maak. Ek is baie opgewonde oor dié klas en het alreeds talle idees vir my plastiekblomme,” voeg Benadé by.

Vir meer inligting oor dié klas en wat dit behels skakel gerus vir Gerda Benadé by 083 995 6571.

Related Articles

Back to top button