Local newsNews

Voormalige satanis vertel haar storie

Vrou praat oor satanisme en haar lewe daarna tydens 'n damestee.

Die verhaal van ‘n vrou wat eens in die donker gelewe het was die afgelope naweek die hoofonderwerp tydens Melktandjies Kleuterskool se damestee by Laerskool Randfontein.

Volgens die organiseerder Liezl van Niekerk het minstens 80 vroue die geleentheid bygewoon. Die fondse wat deur die geleentheid ingesamel is sal gebruik word om Melktandjies Kleuterskool se kleedkamers op te gradeer.

Sy vertel verder dat die dag ‘n reuse sukses was met Adele Neveling wat die vroue toegespreek het.

“Neveling se lewe het onlangs radikaal verander nadat sy van satanisme afskeid geneem het en vir Jesus in haar lewe ingenooi het. Sy het tydens dié oggendtee haar storie met die gaste kom deel,” sê Van Niekerk.

“Ek glo werklik dat haar storie elkeen se lewe aangeraak en verander het. Ek kan nie genoeg dankie sê vir elke persoon wat die oggend bygewoon het nie. Julle teenwoordigheid het beslis die sukses daarvan bepaal,” vertel Van Niekerk.

“Dankie ook aan elke borg wat ons tydens die geleentheid bygestaan het. Dit is vir ons ‘n riem onder die hart om te sien dat daar nog besighede en individue is wat ander se belange op die hart dra,” het Van Niekerk bygevoeg.

For more photos: Click here

Related Articles

Back to top button