Local newsNews

Inwoner wen R25 000 danksy Lombard Tyres

"Ek het nog nie 'n idee wat ek met die geskenkbewys gaan doen nie."

Inwoner Theunis Fourie is in die wolke en sewende hemel nadat hy as die wenner van Lombard Tyres se promosie aangewys is.

Sy belonging? ‘n R25 000 Flight Centre geskenkbewys.

Volgens die bemarking en kommunikasiebestuurder van Lombard Tyres, Yolandi Heyns het Fourie dié prys tydens hul paas promosie gewen. Sy vertel verder dat kliente twee of meer bande by Lombard Tyres moes koop om vir die gelukkige trekking te kon kwalifiseer.

“Al 18 ons takke was deel van dié promosie. Altesaam 1 010 kliente het vir dié gelukkige trekking gekwalifiseer,” sê Heyns.

“Ons hoof uitvoerendebeampte, Renier Botha het per tak ‘n trekking gedoen. Op die wyse het ons 18 kaartjies in die finale trekking gehad,” het Heyns verder gesê.

Theunis Fourie van Randfontein se inskrywingskaartjie was getrek en hy is dus die gelukkige wenner van die R25 000 Flight Centre geskenkbewys.

Fourie het twee bande by Lombard Tyres se Randfontein-tak aangekoop gedurende April en het op 2 Julie sy welverdiende prys tydens ‘n oorhandiging by dié tak ontvang.

“Die R25 000 geskenkbewys kan nou deur Theunis op eie diskresie gebruik word vir enige vlugte, vakansie pakkette of verblyf deur Flight Centre,” voeg Heyns by.

Fourie vertel dat hy uit die veld geslaan was toe hy hoor dat hy dié prys gewen het.

“Ek het nog nie ‘n idee wat ek met die geskenkbewys gaan doen nie, maar ek is seker dat watter plek ek okal gaan besoek, ‘n fees gaan wees,” het Fourie aan die herald gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button