Local newsNews

Rotariërs se nuwe president ingehuldig

Kobus Kotzé as president vir die 2014/2015 diensjaar aangewys.

Die Westonaria Rotariërs se presidentsinhuldiging was ‘n besonderse geleentheid.

Dit was tydens dié geleentheid dat die vorige president, Marius Taylor die leisels aan sy opvolger, Kobus Kotzé oorhandig het.

Tydens die aand, is daar ook verskeie toekennings oorhandig. Een van dié toekennings was vir bywoning deur die jaar en rotariër, Zambië Coetzee wat met dié beker weggestap het.

Buiten die toekennings, was die groot hoogtepunt van die aand die inhuldiging van die 2014/ 2015 president, Kobus Kotzé.

Volgens Kotzé is dit vir hom ‘n groot eer en voorreg om as president verkies te word.

Hy vertel dat hy vanjaar sy bes sal doen om oud-president Taylor se skoene vol te staan en die Westonaria Rotariërs met ywer en passie sal dien.

“Ek is opreg dankbaar dat Westonaria Rotariërs hul vertroue in my geplaas het en ek sal my bes doen om hulle nie teleur te stel nie,” het Kotzé gesê.

In die verlede het Westonaira Rotariërs baie hoogtepunte bereik en met Kotzé aan die stuur van sake, meen hy dat hulle op dié suksesse sal voortbou.

Na Kotzé se vormele inhuldiging, het hy die gaste toegespreek en meer vertel oor sy planne tydens sy diensjaar.

Kotzé vertel dat hy baie aandag daaraan gaan skenk om nuwe lede by die klub te betrek en hard sal werk om sosiale media deel van die klub se toekoms te maak.

“Ek is baie opgewonde oor die jaar wat voorlê en sien uit daarna om hand-aan-hand saam my span, Rotariërs, te werk,” het Kotzé bygevoeg.

Related Articles

Back to top button