Local newsNews

Kom kuier saam met Leon Goosen

Die AGS Greenhills-gemeente nooi die gemeenskap hartlik uit om saam met Leon Goosen by dié gemeente te kom kuier.

Die immergewilde gospelsanger Leon Goosen sal op 20 Julie by die AGS Greenhills-gemeente optree.

Volgens die pastoor van dié gemeente, Hannes van der Merwe, geniet Goosen baie aftrek waar hy ook al optree. Daarom het van der Merwe dit goed gedink om Goosen te nooi om by hulle gemeente te bedien.

“Goosen sal tydens ons oggenderediens asook die aanddiens optree. Ons nooi ook die gemeenskap om die geleentheid saam met ons te kom geniet en lekker saam met Goosen in die teenwoordigheid van God te kuier,” vertel Van der Merwe.

Hy vertel verder dat dié gemeente se tema vir Julie ‘Moenie die genade verspeel nie’ is.

“Goosen se optrede sal ook by dié tema aansluit en deel vorm van ons maand se dienste oor dié tema,” vertel Van der Merwe opgewonde.

Die toegang tot Goosen se optrede is gratis en enigiemand is welkom om die geleentheid by te woon.

Van der Merwe vertel dat die oggenderediens om 9.30vm sal begin, terwyl die aanddiens om 6nm sal afskop.

Vir meer inligting rondom die geleentheid, skakel gerus AGS Greenhills se kanoor by 011 692 3880.

Related Articles

Back to top button