Rierand kwalifiseer vir stadsteater optrede

Hoërskool Riebeeckrand spog met sewe van hul dans, drama en sanggroepe wat gekwalifiseer het om in die Stadsteater op te tree.

Hoërskool Riebeeckrand se kultuurgroepe het onglangs aan oudisies deelgeneem om by die Staatsteater in Pretoria op te tree en die beoordelaars met hul kreatiwe items betower.

Volgens die bemarker van Hoërskool Riebeeckrand Rickus Kruger, het hulle vanjaar sewe groepe vir dié oudisies ingeskryf.

Hy vertel verder dat al sewe items gekeur is om by die Staatsteater op te tree.

“Die items sluit Riebeeckrand se orkes, pom-poms, senior en junior sanggroepe asook drie dramagroepe in,” vertel Kruger.

Hy vertel verder dat Riebeeckrand die enigste skool in die provinsie is wat sewe groepe het wat gekeur is vir dié prestige optredes.

Volgens Kruger is die drie dramastukke vir vanjaar getiteld ‘Monster’, ‘Ek vir jou SA’ en ‘Addiction’.

Die optredes vind tydens Augustus by die Staatsteater plaas.

“Dit is werklik ‘n wonderlike prestasie en ons almal by Riebeeckrand is voorwaar trots daarop.

“Ons bedank elke afrigter wat soveel moeite by elke item insit en wens julle ook geluk met dié prestasie,” vertel Kruger.

Dié afrigters is Leona Esterhuyse, Louis du Plessis, Stefan Earl en die organiseerder, Annemarie van Dyke-Geyser.

Exit mobile version