NewsSchools

Rierand bring hulde aan hul legendes

Hoƫrskool Riebeeckrand bring hulde aan diegene wat tydens hul skoolloopbaan by Rierand Springbokklere in hul gekose sport verower het.

HoĆ«rskool Riebeeckrand het vanjaar tydens hulle Fiestadag ā€˜n besonderse mooi tradisie geskep.

Dit is tydens diƩ geleentheid waar al die sportlegendes wat Springbokklere in hul tyd by Riebeeckrand verower het vereer is.

Fanie van Zijl saam ander oudleerlinge van HoĆ«rskool Riebeeckrand is genooi om die dag by te woon en het elk ā€˜n unieke erewit-pet ontvang met ā€˜n unieke nommer.

“Die wit pette is aan die die legendes asook aan twee huidige leerlinge wat ook onglangs springbokklere ontvang het oorhandig,” vertel HoĆ«rskool Riebeeckrand bemarker, Rickus Kruger.

Kruger vertel verder dat diĆ© inisiatief ‘n jaarlikse instelling sal word met die doel om die oudleerlinge te vereer en om die skool se geskiedenis te verhelder.

Fanie van Zijl het die geleentheid geopen met ā€˜n paar motiveerende woorde en stories uit die oudae.

“Hy het ook die nommer een witpet ontvang en is sodoende vereer vir sy prestasies en bydraes tot die skool se ryk geskiedenis,” vertel Kruger.

Kruger bedank vir Jan Tiedt en Sieg Kruger vir hulle hulp met die reelings van die geleentheid asook vir die skoolhoof Annelize van den Berg, vir die oorhandiging van die pette.

Related Articles

Back to top button