Local newsNews

Inskrywings vir Mej Adonia Angels nou oop

Dit is weer tyd vir die jaarlikse Mej Adonia Angels skoonheidskompetisie en inskrywings vir dié gesogde skoonheidskompetisie is nou oop.

Met inskrywings wat instroom vir die jaarlikse Mej Adonia Angels, moet skoonhede in die gemeenskap vinnig hul inskrywingsform bekom om teleurstelling te voorkom.

Volgens die stigter van Adonia Angels, Corrie van Loggerenberg, kan skoonhede op die wyse ‘n verskil in hul gemeenskap maak.

“Ons beplan om vanjaar se inskrywings baie noukeurig te beoordeel om sodoende die perfekte kandidate te kies,” vertel Van Loggerenberg.

“Daarom kan diegene wat belangstel om vanjaar in te skryf al reeds begin registreer.”

Inskrywings vir vanjaar se Mej Adonia Angels sluit op 30 Augustus.

Volgens Van Loggerenberg, kry diegene wat vanjaar inskryf ook ‘n gratis fotosessie.

Inskrywings beloop R100 per persoon.

“Ons as Adonia Angels dra die belange van ons bejaarde burgers op die hart en daarom is dit ook vir ons belangrik om ‘n ambassadeur te kies wat dieselfde voel,” vertel Van Loggerenberg.

Die skoonhede in die gemeenskap wat belangstel om vir Mej Adonia Angels in te skryf kan hul inskrywingsvorms by enigeen van die organiseerders bekom.

Die vorm moet volledig ingevul word en dan weer ingedien word.

“Vanjaar sal ons ook ‘n Mevrou Adonia Angels aanwys so getroude vroue in die gemeenskap is ook welkom om in te skryf,” vertel Van Loggerenberg.

“Daar is vanjaar baie groot pryse op die spel en dus kan elke deelnemer net daardeur baat om in te skryf.”

Van Loggerenberg en haar span organiseerders doen ‘n beroep op elke model in die gemeenskap om deel te wees van die kompetisie.

Sy vertel dat selfs diegene wat nie modelwerk doen nie en glo hulle kan Adonia Angels se volgende ambassadeur word, kan inskryf.

Vir meer inligting of inskrywingsvorms, skakel gerus Adonia Angels se bemarker, Janine by 071 536 5747 of kontak haar op BBM by 24CD3F0B.

Of skakel vir Corrie by 072 697 0792 of op BBM by 2B85C555.

Related Articles

Back to top button