Local newsNews

Voedselbekostigbaarheid wek kommer

Voedselbekostigbaarheid in Suid-Afrika het vir die agtereenvolgende twee jaar gedaal.

Voedselbekostigbaarheid in Suid-Afrika het vir die agtereenvolgende twee jaar gedaal.

Volgens die DuPont Ekonomiese Intelligensieeenheid se internasionale Voedselsekuriteit-Indeks het Suid Afrika in 2014 57,9 uit 100 indekspunte gekry.

Dit dui op ‘n daling van amper drie persent tenoor verlede jaar.

Alhoewel Suid-Afrika steeds die beste vaar in terme van voedselbekostigbaarheid in Afrika, is ander lande in Afrika besig om te verbeter, met Botswana wat byvoorbeeld vanaf 54 indekspunte na 55 verbeter het, teenoor Suid-Afrika se daling vanaf 61 indekspunte in 2012 na 60,8 punte verlede jaar.

Volgens die ekonomiese Intellegensieeenheid se se direkteur vir die Midde Ooste en Afrika Pat Thaker is inflasie hoog omdat die ekonomie in Suid-Afrika nie groei nie.

Dit het dan ‘n negatiewe impak op voedselbekostigbaarheid.

Related Articles

Back to top button