Laat die plaaslewe jou betower

Verruil die besige stadslewe en geniet 'n dag saam allehande plaasdiere en reptiele en geniet sommer ook 'n heerlike ontbyt by Driftwood Lapa.

Met ‘n liefde vir diere en ‘n passie om verwaarlose diere te rehabiliteer, het Matie Botha en sy familie die Driftwood Lapa funksie en onthaalplek op die been gebring en bied nou die gmeenskap ook die geleentheid om die plaaslewe saam met hulle te kom geniet.

Volgens Botha het hy al van kindsbeen af ‘n passie vir diere en rehabiliteer hy graag verwaarloosde diere.

“Met dié passie het ek en my familie besluit om Driftwood Lapa op die been te bring.

Driftwood is nie net ‘n funksie en troulokaal nie, maar ook net ‘n plek waar jy die dorp en sy dinge vir ‘n wyle kan ontsnap,” vertel Botha.

Hy vertel verder dat met hope veilige parkering en ‘n kindervriendelike atmosfeer, is Driftwood slegs 2km uit Randfontein geleë, maar ‘n wêreld op sy eie.

Met ‘n gesellige restaurant wat in Belgiese waffels, verskeie pastas en talle soorte koffie en tee spesialiseer, kan ouers rustig in die restaurant kuier, terwyl die jongklomp tussen die diere op die perseel baljaar.

“Ons by Driftwood Lapa het verskeie plaas en uitheemse diere asook ‘n reptielplaas waar kinders, ouers en selfs skole meer oor die diere kan leer.

“Ons bied ook ons gaste die geleentheid om met die diere van naderby kennis te maak.”

Diere wat gaste op die plaas kan kom besoek sluit mak blesbokke, esels, donkies, perde, hoenders, varke, ganse, hase, eende, marmotte, eksotiese slange, geitjies, iguanas, krimpvarkies, girbels, hamsters, ‘n volstruis en selfs ‘n krokodil in.

“Met soveel om te sien en te leer, is Driftwood verseker ‘n plek op jou voorstoep waar jy die dag saam met jou familie kan kom geniet,” vertel Botha.

Hy vertel verder dat hulle ook inligtingsessies aanbied waartydens gaste, skole en selfs besighede meer oor die diere kan leer.

“Ons is ook beskikbaar vir enige funksies en selfs troues.

“Mense is ook welkom om op die perseel te kom kamp en van ons braai en boma fasiliteite gebruik te maak,” vertel Botha.af.

“In Randfontein is daar niks om as ‘n gesin te doen nie, daarom nooi ons die gemeenskap om by ons te kom kuier en ‘n dag op die plaas te kom geniet.

Vir meer inligting rondom Driftwood of funksiebesprekings, skakel gerus vir Matie by 072 744 1411 of 071 873 3708.

Exit mobile version