NewsSchools

Rappies mini-netbal is tops

Rappies se mini-netbalspanne wys hul staal.

Laerskool Rapportryer se mini-netbaldag is jaarliks ’n hoogtepunt op Rappies se kalender en groei elke jaar van krag tot krag.

Volgens die skakelbeampte van Laerskool Rapportryer Roleen Olivier, is Rappies se mini-netbalspelers net so toegewy aan hul sport soos die ouer groepe en oefen die o.6 tot o.9 spelers twee keer per week om hul balvaardighede op te skerp.

“Celeste Wentzel, die organiseerder van die mini-netbal, en die ander agt afrigters sorg dat elke speler al die nodige vaardighede in die eerste kwartaal aanleer,” vertel Olivier.

Sy vertel dat Rappies jaarliks na verskeie sportdae uitgenooi word.

Dit is tydens dié geleenthede wat die jong netbalspelers teen skole soos Helderkruin, Westfield, Modderfontein, Alma Mater, Dr Havinga en Avante speel.

“Die dogters het behoorlik vanjaar skoonskip gemaak met tellings soos 15-0, 11-0 en 13-0,” vertel Olivier.

Sy vertel verder dat dié dogters nege van die 12 wedstryde tydens Rappies se mini-netbal dag gewen het.

“Die afrigters is baie trots op hulle mini-netbal dogters en sien baie uit na volgende jaar se netbal seisoen,” vertel Olivier.

Related Articles

Back to top button