NewsSchools

Riebeeckrand netbal blink uit

Hoërskool Riebeeckrand se o.15 netbalspelers steel die kollig tydens die Jomo sportreeks.

Hoërskool Riebeeckrand se o.15 Netbalspan het tydens die afgelope Jomo reeks gewys dat hulle beslis ‘n krag is om mee rekening te hou.

Volgens die bemarker van Hoërskool Riebeeckrand Rickus Kruger, het Rierand op 7 Junie aan die Jomo reeks deelgeneem en hulself baie goed van hul taak gekwyt.

“Ons o.15 netbalspan het op dié dag ses wedstryde teen van Gauteng se beste skole gespeel en elke kragmeting gedomineer,” vertel Kruger.

Rierand se eerste wedstryd was teen Mondeor en die meisies van Riebeeckrand het dié kragmeting met ‘n telling van 22 – 2 gewen.

Hulle spog ook met ‘n 16 – 5 oorwinning teen Fourways en ‘n 13- 2 oorwinning teen Bekker.

“Verder het ons o.15 meisies ook vir Randburg met ‘n telling van 16 – 4 oorwin en vir Florida met ‘n 11 – 7 nederlaag terug kleedkamers toe gestuur,” vertel Kruger.

In hul laaste wedstryd teen Hoërskool Jan Viljoen het die meisies van Rierand weer met ‘n telling van 15 – 8 koning gekraai.

Volgens die afrigter van Riebeeckrand se o.15 netbalspelers Suzanne Tiedt, was die wedstryde baie straf en moes die dogters hul beste gee om ‘n oorwinning te verseker.

Dié groep dogters het weer op 16 Junie aan die Gautengdag by Hoerskool Randburg deelgeneem en het daar ‘n algehele 15de plek in Gauteng behaal.

Related Articles

One Comment

  1. Ek dink dit wat die kinders en hulle afrigter reg gekry het is fantasties en ek as n ouer is baie trots op hulle.

Back to top button