Riebeeckrand ruiters presteer

Drie van Hoërskool Riebeeckrand se top perderuiters wys hul staal tydens die Gauteng-Wes Perdry Kampioenskappe.

Drie van Hoërskool Riebeeckrand se top perderuiters, Christy Duvenhage, Nicolette Spoelstra en Thesandré Greyling het onlangs aan die Gauteng-Wes Perdrykampioenskappe delgeneem en hulself puik van hul taak gekwyt.

Volgens die bemarker van Hoërskool Riebeeckrand, Rickus Kruger, het dié kampioenskapee op 7 Junie plaasgevind.

“Die drie ruiters het baie goed gevaar en ‘n algehele vierde plek vir Riebeeckrand by die prestige byeenkoms verower,” vertel Kruger.

Hy vertel verder dat hulle ook die skild in die katogorie vir beste 1-3 ruiters in die kompetisie verower het.

Christie, Nicolette en Zandrea sal op 19 Augustus aan die Gauteng Kampioenskappe in Cullinhan deelneem.

“Ons almal by Hoërskool Riebeeckrand hou vir die ruiters duim vas en glo dat hulle weereens kop en skouers bo die res sal uitstaan,” vertel Kruger.

Exit mobile version