Local newsNews

VLU leer meer oor handvaardigheid

Die vroue van die Vroue Landbou Unie, Ridderspore tak, leer meer oor handvaardigheid en masjienwerk tydens hul maandelikse vergadering.

Die Vroue Landbou Unie (VLU) Ridderspore tak, het tydens hul Junie vergadering meer oor handvaardighede en masjienwerk geleer.

Volgens die voorsitter van die tak, Gerda Benadé, is dit die VLU se doel om vroue in die gemeenskap op te lei in allerhande ‘doen dit jouself’ projekte.

Sy vertel dat sy maandeliks verskillende projekte saam met haar lede aanpak.

“Die maand het ons op handvaardigheid en masjienwerk gefokus.

“Om beide dié vaardighede aan te leer het ons materiaal engeltjies gemaak.

“Dié engeltjies kan vir verskeie doeleindes gebruik word en maak ook ‘n pragtige versiering in ‘n huis,” vertel Benadé.

Sy vertel ook dat sowat nege vroue die geleentheid bygewoon het en die aand baie geniet het.

Die VLU Ridderspore tak se volgende vergadering sal op 3 Julie om 6nm plaasvind.

“Dit is tydens dié vergadering waar ek my lede meer oor tokrine werk gaan leer,” vertel Benadé.

Vir meer inligting oor dié klas en wat dit behels, skakel gerus vir Gerda Benadé by 083 995 6571.

Related Articles

Back to top button