NewsSchools

Ram dra hul tekkies vir liefdadigheid

Die leerlinge van Laerskool Randfontein dra hul tekkies vir liefdadigheid en vier saam SA Tekkie Tax.

Laerskool Randfontein het vanjaar aan die Tekkie Tax fondsinsameling wat nasionaal geloods is deelgeneem en hulle deel vir liefdadigheid gedoen.

Volgens die skakelbeampte van Laerskool Randfontein, Annie Nolan, was die Ram leerlinge baie opgewonde oor al die plakkers, mooi skoenveters en helder t-hemde wat hulle kon koop.

“Ons besef nie elke dag hoe bevoorreg ons is om in ‘n goeie skool te wees waar dinge goed bestuur word en reg werk nie.

“Ons alml hier by Ram is trots op al ons leerlinge se positiewe gesindheid en ondersteuning teenoor dié fondsinsamelingsprojek,” vertel Nolan.

Nolan bedank ook elke ouer, leerling en onderwyser wat dié dag ondersteun het.

Sy vertel dat Ram gedurende hul Tekkie Tax veldtog R11 140 ingesamel het.

“Dié bedrag is dan direk aan NG-welsyn oorbetaal.

“Ons almal by Ram is trots om op dié wyse die nood in Randfontein te verlig,” vertel Nolan.

Related Articles

Back to top button