NewsSchools

Rierand redenaars is tops

Beloved Schele van Hoërskool Riebeeckrand vaar puik tydens die semi-finale rondte van die ATKV Redenaarskompetisie.

Beloved Sechele, ‘n leerling van Hoërskool Riebeeckrand het onglangs aan die Nasionale ATKV Redenaars Semi-finaal deelgeneem en haarself baie goed van haar taak gekwyt.

Volgens die bemarker van Hoërkool Riebeeckrand, Rickus Kruger, het leerlinge van regoor Suid-Afrika aan dié uitkloprondte deelgeneem.

“Die kompetisie was baie sterk en die druk was beslis op Beloved om haar beste te lewer,” vertel Kruger.

Haar afrigter, Cristene van Zyl, ‘n onderwyseres van Hoërskool Riebeeckrand, het baie vertroue in Beloved gehad en was positief aangesien Beloved in die kwart-finaal puik gevaar het.

“Slegs drie leerlinge is vir die finale rondte gekies en aangesien Beloved die beoordelaars baie beïndruk het, is sy as ‘n vierde en reserwekandidaat gekies,” vertel Kruger.

“Ons almal by Hoërskool Riebeeckrand is baie trots op Beloved en glo dat sy nog verskeie hoogtes sal bereik.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button