NewsSchools

Ram skaakspelers domineer hul liga

Behalwe vir die feit dat Ram se skaakspelers hul liga domineer het, het dié groep ook puik gevaar tydens die UJ Skaaktoernooi.

Laerskool Randfontein (Ram) het onglangs die geleentheid gekry om die UJ Skaaktoernooi aan te bied en het kragte teen ses ander skole tydens die geleentheid gemeet.

Volgens die skakelbeampte van Ram, Annie Nolan, het skole soos Laerskool Horison, Laerskool Louis Leipoldt, Laerskool A.G. Visser en Laerskool Impala by dié toernooi deelgeneem.

“Van die eerste rondte af was dit duidelik dat die kompetisie straf was en dat Ram se skaakspelers hard sou moes werk om ‘n oorwinning te beklink,” vertel Nolan.

“Die spelers het die toernooi baie geniet en die gebruik van die skaakklokke was vir baie ‘n unieke ervaring.

“Laerskool Randfontein se seniorspan het ‘n vierde plek behaal terwyl die juniorspan vyfde geëindig het.”

Nolan vertel verder dat Ram se o.13 skaakspan ook hul plaaslike skoleliga gewen het.

Dié liga is oor drie rondtes beslis en agt Randfontein-skole het aan dié liga deelgeneem.

Die skole wat aan die liga deelgeneem het skuit skole soos Laerskool Rapportryer, Laerskool Randfontein, Randfontein Primary, Toekomsrus Primêr, Hartzstraat Primêr, Mohlakano Primary, Phandulwazi Primary en Malerato Primary in

“Ons is baie trots op ons o.13 skaakspelers.

“Hulle het puik tydens die liga gevaar en gewys dat hulle ware ambassadeurs vir Ram asook skaak as ‘n sport is,” vertel Nolan.

Ram se o.13 skaakspan bestaan uit John Dawson, Keanu Botha, Corrie Appelcryn, Wiann Botha, Khotso Segale en Damian McPhee en Ram se personeel en bestuur is waarlik trots op elkeen van dié leerlinge.

Related Articles

Back to top button