NewsSchools

Rappies danser blink uit

Rappies hip-hop danser blink uit by Battle of the Giants.

Jaden Smith, ‘n Graad 4 leerling van Laerskool Rapportryer, het onglangs groot opslae tydens die Battle of the Giants Danskampioenskappe gemaak.

Volgens die skakelbeampte van Laerskool Rapportryer, Roleen Olivier, het dié danskampioenskappe by Sun City plaasgevind.

“Jayden het tydens die geleentheid aan solo, duo, klein- en- groot groep dansitems deelgeneem,” vertel Olivier.

Tydens sy deelname in die Kahos crew, wat ‘n groot dansgroep is, is hulle as algehele wenners gekroon en het hy en sy kleingroep, Lil8OneOh ook eersteplek verower.

Verder het Jayden en ‘n mede-Rappiesleerling, Ruan Visser, aan die duo afdeling deelgeneem en ‘n algehele vierde plek behaal.

Jayden het ook ‘n welverdiende derde plek vir sy solo item behaal.

“Kort na Battle of the Giants, het Jayden aan die Wes-Rand Hip Hop Kampioenskappe deelgeneem en weer baie goed gevaar,” vertel Olivier.

Sy vertel verder dat Jayden se volgende groot kompetisie in Randburg sal plaasvind.

“Ons almal by Rappies glo dat jy goed sal vaar. Ons hou vir jou duim vas,” vertel Olivier ten slotte.

Related Articles

Back to top button