NewsSchool sportSchoolsSport

Ram tweedes steeds onoorwonne

Laerskool Randfontein se rugbyspanne is weer vanjaar aan die brand en die tweede rugbyspan van Ram staan steeds onoorwonne.

Laerskool Randfontein (Ram) se rugbyspanne beleef vanjaar ‘n baie opwindende rugbyseisoen en maak hul merk tydens elke kragmeting waaraan hulle deelneem.

Volgens die skakelbeampte van Laerskool Randfontein, Annie Nolan, oefen Ram se spanne drie keer per week en speel ten minste een wedstryd per week.

“Veral Ram se tweederugbyspan staan tydens vanjaar se liga uit en het sedert die begin van die seisoen nog elke wedstryd gewen,” vertel Nolan.

Die tweedes se afrigters Steve Greyvensteyn en John Wray skryf die span se uitstekende rekord aan die harde werk, uitstekende dissipline, samehorigheid en ‘n goeie ouerondersteuningsnetwerk toe.

“Die spangees wat onder die spelers heers veroorsaak dat die spelers vêr bo hul vermoëns presteer.

“Hulle woon ook graag oefeninge by en geniet elke wedstyd ten volle,” vertel Nolan.

Een van die hoogtepunte van Ram se seisoen was die span se Bekker-toer tydens die Aprilvakansie.

“Die tweedes het tydens dié toer al hul wedstyde gewen, waarvan twee teen eerstespanne van ander skole was.

“Dit is ‘n reuse prestasie vir ‘n tweede span om ‘n eerste span te wen en ons almal by Ram is baie trots op dié tweede span en wat hul tot dusver vermag het,” vertel Nolan.

Related Articles

Back to top button