Rappies neem deel aan Math Challenge

Laerskool Rapportryer se wiskunde leerlinge staan uit tydens die D2 Mathematics Challenge.

Sewe van Laerskool Rapportryer se wiskundeleerlinge het onlangs aan die D2 Mathematics Challenge wat by Randfontein Primary plaasgevind het, deelgeneem.

Volgens die skakelbeampte van Laerskool Rapportryer, Roleen Olivier, is Vitali Beukes, Ashley Stewart, Kristen Wahl en Christo Schoeman gekies om aan die Mathematics Challenge deel te neem.

“Dié leerlinge het in die Table and Quiz Challenge afdeling deelgeneem en het baie goed gevaar,” vertel Olivier.

Vitali het ’n algehele eerste plek in die kompetisie behaal.

Verder het Nicci Venter, Zurica van Heerden en Nicole Erwee ook aan dié kompetisie deelgeneem.

Olivier verduidelik dat dié drie leerlinge in die Sudoku afdeling deelgeneem het.

“Beide Nicole Erwee en Zurica van Heerden het in dié afdeling met ‘n eerste plek weggestap,” vertel Olivier.

“Ons is ook baie trots op Vitali wat deurgedring het tot die volgende rondte en op ‘n Provinsiale vlak teen ander distrikte gaan meeding.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version