NewsSchools

Ram redenaars floreer

Ram se eie redenaars ster, Kieran Rautenbach, dring deur na die finale rondte van die ATKV Redenaars kompetisie.

Laerskool Randfontein (Ram) beleef vanjaar ‘n jaar gevul met nuwe uitdagings en prestasies.

Een van dié besonderse prestasies is een van Ram se leerlinge, Kieren Rautenbach wat onglangs na die finale rondte van die ATKV-redenaarskompetisie deurgedring het.

Volgns die skakelbeampte van Ram, Annie Nolan, het Kieran op 23 Mei by die Noordwes-Universiteit, Vanderbijlpark aan die halfeindrondte van die ATKV-redenaars gaan deelneem.

“Uit die 25 Graad 1 tot Graad 3 deelnemers is hy een van net drie leerlinge wat gekies is om in Augustus aan die finale rondte van dié redenaarskompetisie by Buffelspoort te gaan deelneem,” vertel Nolan.

“Dit is die eerste keer in 10-jaar dat een van Ram se leerlinge in die finale rondte van die ATKV Redenaars deelneem.”

Kieren is tans in Graad 3 en het ‘n natuurlike talent ontvang om voor mense te praat.

Tydens die semi-finale van die ATKV Redenaarskompetisie is Kieran deur een van die beoordeelaars beskryf as ‘n natuurlike spreker, wat hom eendag baie ver in die politiek kan bring as hy die regte leiding ontvang.

Ram is uiters trots op Kieran en wens hom alle sterkte toe met die finale rondte van die ATKV-redenaarskompetisie.

Related Articles

Back to top button