Jan bied redding vir tieners

Na 'n tweede kans op die lewe, gebruik Jan Jacobs sy tyd om Randfontein se tieners deur hul moeilike tye te help.

Na ‘n tweede kans op lewe, het Jan Jacobs besluit om sy tyd te gebruik om Randfontein se tieners deur hul probleme te help.

Volgens Jacobs, is hy beslis ‘n aktivis vir tieners en het ‘n groot nood vir berading onder Randfontein se tieners geïdentifiseer.

“Ek het in 2002 probeer om my eie lewe te neem maar het danksy God se krag ‘n tweede kans op lewe gekry.

Met ‘n nuwe uitkyk op die lewe, het ek vinnig agtergekom wat in my tienerlewe ontbreek het en van daar af is dit my misie om tieners te help om nie in die selfde lokvalle te trap as ek nie,” vertel Jacobs.

Jacobs vertel verder dat hy al reeds vir ses jaar by verskeie skole in die gemeenskap betrokke is en weekliks talle tienerprobleme aanspreek.

Dié probleme sluit alles van verhoudings, dwelms tot tienerswangerskappe en selfs selfmoord in.

“In die verlede het ek baie sukses geniet en talle leerlinge gehelp om hul probleme aan te spreek en God in elke situasie te ken,” vertel Jacobs.

Hy verduidelik dat die handlyding vir al sy werk direk uit die Bybel kom en dat dié handlyding vir elke tienerprobleem ‘n oplossing bied.

“In elke geval wat ek al hanteer het, kon ek ‘n drastiese verbetering in die leerling of tiener se gedrag, skoolprestasies en selfbeeld sien,” meen Jacobs.

“Hulle het ook ‘n meer positiewe uitkyk op die lewe en floreer in alles wat hulle aanpak.”

Alhoewel Jacobs soveel doen vir die tieners van Randfontein, doen hy dit alles bloot vir die liefde van die saak en kry geen finansiële gewin daaruit nie.

“Ek glo dat my werk regtig ‘n verskil maak en ek hoop van harte dat diegene wat elk help voort sal bou op wat hulle geleer het en uiteindelik iemand anders in ‘n soortgelyke situasie sal help,” vertel Jacobs.

Indien enigiemand Jacobs se dienste benodig, skakel hom gerus by 083 321 5903 of 076 543 1995.

Exit mobile version