NewsSchools

Rappies hou leeskarnavaal

Laerskool Rapportryer bied 'n leeskarnavaal aan om 'n liefde vir lees by hul leerlinge tuis te bring.

Laerskool Rapportryer streef daarna om hul leerlinge se liefde vir lees en kennis te bevorder.

In ‘n poging om dié liefde by die leerlinge tuis te bring het Rappies onglangs ‘n leeskarnaval aangebied.

Volgens die skakelbeampte van Laerskool Rapportryer Roleen Olivier, hou dié skool jaarliks ‘n fondsinsamelingsprojek om lees en gelettertheid te bevorder.

“Vanjaar het ons ‘n leeskarnaval aangebied en die leerlinge by dié projek betrek.

“Dit was deel van ‘n kompetisie tussen die leerlinge en het groot aftrek geniet,” vertel Olivier.

Olivier verduidelik dat die leerlinge gedurende die eerste week van die karnaval vrye teuels gegee is om ‘n kreatiewe hoed te ontwerp met idiome wat daarby pas.

“Selfs ons hoof Carel Stoop en al sy onderwysers het kreatiwiteit aan die dag gelê en met hul skeppinge en idiome gespog,” vertel Olivier.

Rappies het selfs die nar Ka-Chinkie, ingespan om te help met die uitdeel van pryse en om die leerlinge met karnavalpret te vermaak.

In die weke wat volg, sal die leerlinge soortgelyke projekte aanpak waar hulle raaisels en vergelykings moet oplos.

“Om ons karnaval af te sluit sal Laerskool Rapportryer op Vrydag 6 Junie, ons jaarlikse entrepreneursdag aanbied.

“Die geleentheid sal op Rapportryer se sportgronde plaasvind en al die fondse wat op dié wyse ingesamel word sal aangewend word om lees onder die leerlinge van Rappies te bevorder,” vertel Olivier.

Sy vertel ook dat die gemeenskap welkom is om dié entrepreneursdag by te woon en allerhande interesante artikels en heerlike verversings te koop.

Related Articles

Back to top button