NewsSchools

Rierand geniet hul kaskar resies

Hoërskool Riebeeckrand leerlinge geniet hulself gate uit tydens hul kaskarresies.

Hoërskool Riebeeckrand het onlangs ‘n kaskarwedren aangebied en al die grade van die skool het mekaar tydens dié geleentheid die stryd aangesê.

Volgens die bemarker van Hoërskool Riebeeckrand Rickus Kruger, moes elke graad ‘n sekere aantal rondtes in ‘n bepaalde tyd voltooi.

“Die groep wat die meeste rondtes voltooi het, is as die wenners van hul graad gekroon,” vertel Kruger.

Die graad 12 leerlinge het die dag met ‘n opwindende wedren waar ‘n mens gras en stof sien spat het, afgeskop.

Kruger vertel verder dat tussen al die grade is Graad 8/4 as algehele wenners gekroon en het ‘n aantal van 14 rondtes voltooi.

“Die onderwysers van Hoërskool Riebeeckrand het ook van die geleentheid gebruik gemaak om die skool se grade uit te daag maar het ongelukkig net ‘n derde plek verower omdat hulle brandstof maar lag was,” vertel Kruger laggend.

Hoërskool Riebeeckrand se bestuur bedank Rina Botha en Jacques Schutte vir die organiseering van die suksesvolle aktiwiteit.

“Elke leerling en onderwyser het die dag terdeë geniet en sal dit nie gou vergeet nie,” vertel Kruger.

Related Articles

Back to top button