Local newsNews

Skryf nou in vir Mej Adonia Angels

Dit is weer tyd vir die jaarlikse Mej Adonia Angels skoonheidskompetisie en Randfontein skoonhede word nou uitgenooi om vir dié skoonheidskompetisie in te skryf.

Dit is weer daardie tyd van die jaar wanneer die skoonhede in die gemeenskap vir die Mej Adonia Angels-kompetisie kan inskryf en op die wyse ‘n verskil in hul gemeenskap kan maak.

Volgens die stigter van Adonia Angels, Corrie van Loggerenberg, beplan hulle om vanjaar se inskrywings baie meer noukeurig te beoordeel.

Daarom moet diegene wat belangstel om vanjaar in te skryf al reeds vanaf 14 Junie begin om te registreer.

Inskrywings vir vanjaar se Mej Adonia Angels sluit op 30 Augustus.

Volgens Van Loggerenberg, kry diegene wat vanjaar inskryf ook ‘n gratis fotosessie.

Inskrywing beloop R100 per persoon.

“Ons as Adonia Angels dra die belange van ons bejaarde burgers op die hart en daarom is dit ook vir ons belangrik om ‘n ambassadeur te kies wat dieselfde voel,” vertel Van Loggerenberg.

Die skoonhede in die gemeenskap wat belangstel om vir Mej Adonia Angels in te skryf kan hul inskrywingsvorms by enigeen van die organiseerders bekom. Die vorm moet volledig ingevul word en dan weer ingedien word.

“Vanjaar sal ons ook ‘n Mevrou Adonia Angels aanwys so getroude vrouens in die gemeenskap is ook welkom om in te skryf,” vertel Van Loggerenberg.

“Daar is vanjaar baie groot pryse op die spel en dus kan elke deelnemer net daardeur baat om in te skryf.”

Van Loggerenberg en haar span organiseerders doen ‘n beroep op elke model in die gemeenskap om deel te wees van die kompetisie.

Sy vertel dat selfs diegene wat nie modelwerk doen nie en glo hulle kan Adonia Angels se volgende Ambassadeur word, kan inskryf.

Vir meer inligting of inskrywingsvorms, skakel gerus Adonia Angels se bemarker, Janine by 071 536 5747.

Related Articles

Back to top button