Jannas spog met hul skoonhede

Hoërskool Jan Viljoen kroon weer hul skoonhede tydens 'n pragtige gelentheid

Hoërskool Jan Viljoen het op Donderdag, 22 Mei, hul jaarlikse Mnr en Mej Jan Viljoen aangebied.

Soos in die verlede was die aand weer ‘n onvergeetlike geleentheid en is dit deur die deelnemers se vriende, ouers en familie bygewoon.

Die tema van die geleentheid was Arabiese Nagte en deelnemers moes in beide informele en formele drag op die loopplank verskyn.

Tydens die informele drag se beoordeling het elke deelnemer in Arabiese kleredrag op die verhoog verskyn en met die aanddrag het elke deelnemer spreekwoordelik die haas uit die hoed getrek en die gaste se asems met hul pragtige uitrustings weggeslaan.

Die deelnemers is weereens deur ‘n groep kundige beoordeelaars beoordeel en selfs Mnr Suid-Afrika-finalis Armand du Plessis, het hom op dié span beoordelaars werksaam gemaak.

Om by te dra tot die aand se opwinding en vermaak, het Jannas die nuwe Afrikaanse sangsensasie Joe Forster, gekry om tydens die geleentheid op te tree. Na afloop van die beoordeling was dit die oomblik waarvoor almal gewag het: die kroning van Jannas se 2014 skoonhede.

Die eerste titel wat aangewys is, was Mej Debutant en Ashley Cowan het met dié titel weggestap.

Tanya Kruger is as Mej Ougat gekroon en Charlene Barnard het met die titel van Mej Persoonlikheid weggestap.

Mnr Persoonlikheid is deur Miguel Perry opgeraap.

Die volgende kategorie was Mej en Mnr Fotogenies.

In dié kategorie het Leriché Swart met die prys vir Mnr Fotogenies weggestap, terwyl Bernelee Anthony as Mej Fotogenies aangewys is.

In die Junior Mej Jan Viljoen kategorie, is Christelle Kruger as tweede prinses gekroon, terwyl Nikita Nel as eerste prinses aangewys is.

Ashley Cowan het met die titel van Mej Junior Jan Viljoen weggestap.

Die Jannas-manne het ook beslis hul deel gebring en Marnus Louw is as tweede prins aangewys. Stefan Croucamp het met die titel van eerste prins weggestap en Louis van der Westhuizen is as Mnr Jan Viljoen aangewys.

In die Senior Dogters kategorie was dit moeilik om die top drie te bepaal, maar steeds is Lizandré Visser as tweede prinses aangewys.

Shinez Claassen is as eerste prinses aangewys en Bernelee Anthony het met die titel van Mej Senior Jan Viljoen weggestap.

 

Vir meer fotos van die geleentheid:

Junior dogters
Senior dogters
Seuns
Kroning
Joe Foster

Exit mobile version