Jannas spog met Gauteng netbalspeler

Anja Esterhuizen, 'n leerlinge van Hoërskool Jan Viljoen, is onglangs in die finale Gauteng Netbalspan opgeneem.

Na talle rondtes proewe, is Anja Esterhuizen onglangs in die finale o.16 Gauteng Netbalspan opgeneem.

Ajna, wat vir Hoërskool Jan VIljoen se eerste Netbalspan speel, vertel dat sy gedurende vanjaar se netbalseisoen aan verskeie rondtes proewe deelgeneem het en is uiteindelik in die o.16 Gauteng Netbalspan opgeneem.

“Ek is baie opgewonde oor die geleentheid en sal beslis my beste gee om myself as deel van dié span te bewys,” vertel Anja.

Volgens Anja, het die finale rondte Gauteng Netbalproewe op 17 Mei by Hoërskool EG Jansen in Boksburg plaasgevind.

Sy vertel verder dat sy as hulpdoel vir dié span sal uitdraf.

“Ons neem vanaf 29 Junie tot 4 Julie deel aan die Suid-Afrikaanse Netbalkampioenskappe wat vanjaar in Margate sal Plaasvind. Ek is baie opgewonde oor dié toernooi en is al reeds harb besig met voorbereiding vir die geleentheid,” vertel Anja.

Haar afrigter, Sylvia Maas, en die res van Hoërskool Jan Viljoen se bestuur is baie trots op Anja en glo sy sal puik tydens die Suid-Afrikaanse Netbalkampioenskappe vaar.

Exit mobile version