Melktandjies Kleuterskool hou damestee

Melktandjies Kleuterskool bied die gemeenskap se vroue nou die geleentheid om Adele Neveling se hartroerende storie tydens 'n heerlike damesoggend te kom geniet.

Melktandjies Kleuterskool bied op Saterdag 5 Julie, ‘n oogendtee aan en nooi die gemeenskap van Randfontein om dié geleentheid saam met hulle te kom geniet.

Volgens die organiseerder van dié geleentheid, Lizel van Niekerk, sal die oggendtee by Laerskool Randfontein plaasvind.

“Die geleentheid sal om 11vm afskop en beloof om baie insiggewend te wees,” vertel Lizel.

Sy vertel verder dat Adele Neveling tydens die geleentheid die vroue sal toespreek.

“Adele se lewe het onglangs radikaal verander nadat sy afskeid van satanisme geneem het en vir Jesus in haar lewe aangeneem het.

Sy sal tydens dié oggendtee haar storie met die gaste kom deel,” vertel Lizel.

“Ek glo werklik dat haar storie elkeen teenwoordig se lewe gaan aanraak en verander.”

Toegang tot die geleentheid beloop R120 per persoon en sluit ‘n lige middagete in.

Lizel vertel dat daar al reeds talle kaartjies verkoop is en dat diegene wat belangstel hul kaartjies so gou as moontlik moet aankoop om teleurstelling te voorkom.

Almal wat meer van Adele se lewe en besluite wil leer is welkom om die geleentheid by te woon.

Vir meer inligting en kaartjie besprekings, skakel vir Lizel van Niekerk by 084 602 1715.

Exit mobile version