Local newsLocal sportNewsSport

Grace Race ‘n reuse sukses

Fietsryers en stapliefhebbers in die gemeenskap stroom na AGS Greenhills om aan hul eerste Grace Race deel te neem.

Die jeug van AGS Greenhills gemeente, wat as Angels Unleashed bekendstaan, het op 17 Mei hul eerste Grace Race aangebied en is trots om te sê dat dié geleentheid groot sukses geniet het.

Volgens die jeugleier van AGS Greenhills gemeente, Viehann Spies, is die Grace Race een van Angels Unleashed se jaarlikse fondsinsamelingsprojekte.

“Die doel van die dag was vir ons as gemeenskap om saam ‘n dag van pret te geniet,” vertel Viehann.

Hy vertel verder dat talle stapliefhebbers asook fietsryers die geleentheid aangegryp het en sommer die dag saam kom geniet het.

“Die fietsryers het twee ure gehad om hul roete te voltooi. Hulle het almal by die kerkgebou weggespring en tot by die Paardekraalweg-afrit op die R28 en weer terug tot by die kerkgebou gery,” vertel Viehann.

Die stappers het weer ‘n roete van sowat vyf kilometer rondom Greenhills afgelê.

Volgens Viehann, was die dag ‘n reuse sukses en het elkeen wat deelgeneem het dit terdeë geniet.

Elkeen wat die roete voltooi het, het ook ‘n pragtige sertifikaat ontvang.

“Ons bedank elke stapper en fietsryer wat ingeskryf het.

“Sonder julle betrokkenheid sou die dag nie so ‘n groot sukses gewees het nie,” vertel Viehann.

Related Articles

Back to top button