Rappies Raakvatters doen hul deel vir Moedersdag

Laerskool Rapportryer se Raakvattersgroep maak allerhande pragitge geskenke vir Moedersdag.

Laerskool Rapportryer se nuutgestigde groep, Die Raakvatters, het weer tydens Moedersdag ‘n projek aangepak om verskeie moeders van Laerskool Rapportryer te bederf.

Volgens die skakelbeampte van Laerskool Rapportryer, Roleen Olivier, het dié groep ‘n handwerkprojek aangepak waartydens elkeen van dié leerlinge drie hout hartfigure gekry het om ‘n geskenk van te maak.

“Die leerlinge het geleer hoe om ‘n verouderingsverftegniek uit te voer en moes dié kennis gebruik om die harte te versier,” vertel Roleen.

“Die eindproduk was werklik asemrowend en verskeie mammas van ons skool was verseker verras met dié pragtige, handgemaakte geskenkies.”

Exit mobile version