Local newsNews

AGS Greenhills hou suksesvolle damestee

Die vroue van AGS Greenhills geniet 'n dag in God se teenwoordigheid tydens hul damesontbyt.

Die vroue van AGS Greenhills gemeente het op 10 Mei ‘n heerlike damesontbyt aangebied met die doel om net die dag saam in die teenwoordigheid van God te spandeer.

Volgens die Pastoor van AGS Greenhills gemeente, Hannes van der Merwe, het sowat 50 vroue die geleentheid bygewoon.

Hy vertel verder dat dié vroue die oggend met lofprysing en aanbidding afgeskop het waarna die gasspreker, Carolle Watson, die vroue toegespreek het.

“Carolle se boodskap het gehandel oor musiek en kuns as deel van die bediening en die vroue teenwoordig het dié boodskap baie geniet en beslis ter harte geneem,” vertel Hannes.

Na afloop van Carolle se boodskap het die vroue almal na die eetsaal beweeg en lekker saam gekuier oor ontbyt.

“Die geleentheid was ‘n reuse sukses en ek glo dat elke vrou teenwoordig by die geleentheid baat gevind het,” vertel Hannes.

Hannes en die organiseerders van die geleentheid bedank elke vrou wat die geleentheid bygewoon het, asook vir Carolle Watson wat die gaste toegespreuk het.

Related Articles

 
Back to top button