NewsSchools

Ram geniet hul eerste skoolsokkie

Die leerlinge van Laerskool Randfontein geniet hulself gate uit tydens hul eerste skoolsokkie.

Laerskool Randfontein (Ram) is besig om hul ou skoene uit te skop en ‘n splinternuwe baadjie aan te trek en as deel van dié metamorfose, het Ram hul eerste sokkie in 77 jaar gehou.

Volgens die skakelbeampte van Laerskool Randfontein, Annie Nolan, het die Graad 6-personeel besluit dit sal n fantastiese idée wees om die leerlinge die geleentheid te gee om ‘n bietjie te sokkie.

“Die fondse wat tydens die tweede kwartaal se funksies ingesamel word, gaan aangewend word om die saal se klanksisteem op te gradeer en die leerlinge se kleedkamers te vernuwe. Al die fondse wat tydens die sokkie ingesamel is, sal ook bydra tot dié projekte,” vertel Annie.

“Die Graad 4 tot graad 7 leerlinge het op 8 Mei van 6nm tot 8nm bietjie hulle danspassies kom wys, terwyl die Graad 1 tot Graad 3 leerlinge op 9 Mei vir so ‘n uur of wat die ‘glow-worm shuffle’ gedurende skooltyd uitprobeer het.”

Annie vertel verder dat die skool selfs ‘n DJ gereël het om die leerlinge te vermaak.

“Ons het ook die saal opgevrolik met ligte en die leerlinge het hulself versier met ‘glow sticks’.

Daar is vrye teuls aan die leerlinge se kreatiwiteit gegee en hulle het die mooiste ‘glow stick’ bybehore gemaak,” vertel Annie.

Annie bedank elke leerling, ouer en onderwyser wat van die geleentheid ‘n sukses gemaak het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button