Local sportNewsSchoolsSport

Rugbyspelers presteer op provinsiale vlak

Jannas spog al reeds vanjaar met vier van hul top rugbyspelers wat in die tweede rondte proewe vir die Provinsiale Goue Leeus rugbyspan meegeding het.

Vier van Hoërskool Jan Viljoen se top rugbyspelers het onglangs aan die tweede rondte van die Provinsiale Goue Leeus proewe deelgeneem.

Volgens die sportdirekteur van Hoërskool Jan Viljoen, Fanie Schoonraad, het Arno Skead, Fanus Kruger, Louis van der Westhuizen en Shane Mong baie goed tydens dié proewe vertoon en staan hulle ‘n goeie kans om in die provinsiale span opgeneem te word.

Hy vertel verder dat dié leerlinge egter nog wag om te hoor of hulle die span gehaal het.

“Arno Skead het tydens die o.16 proewe by Hoërskool Linden sy merk gemaak. Fanus, Louis en Shane het hul proewe op Hoërskool Noordheuwel se velde gespeel,” vertel Fanie.

Die tweede rondte proewe het op 12 Mei plaasgevind.

“Ons almal by Hoërskool Jan Viljoen is baie trots op dié leerlinge en wens hulle sterkte toe met die res van die rugbyseisoen,” vertel Fanie.

Related Articles

 
Back to top button