Local newsLocal sportNewsSport

Komspeelgholfsaam met Manne van die Woord

Manne van die Woord, Randfontein-tak bied op 16 Mei ‘n gholfdag aan en nooi die gemeenskap om in die pret te deel.

Randfontein — Manne van die Woord, Randfontein-tak bied op 16 Mei ‘n gholfdag aan en nooi die gemeenskap om in die pret te deel.

Volgens die voorsitter van dié tak, Flip Engelbrecht, sal die gholfdag op Randfontein Gholfbaan plaasvind.

“Ons nooi ook besighede in die Randfontein-area om ‘n putjie op die baan te borg,” vertel Flip.

“Al die fondse wat ons op dié wyse genereer sal aangewend word om Manne van die Woord se werk in Randfontein voort te sit.”

Inskrywingsgeld beloop R1 200 per vierbal en sluit die 18-putjie gholf en die prysuitdeling in wat daarna by Hoërskool Jan Viljoen sal plaasvind.

“Die prysuitdeling is ‘n biltong-en brood-aand en die hele gemeenskap is welkom om dit by te woon,” vertel Flip.

Hy vertel dat jy nie noodwendig aan die gholfdag hoef deel te neem om die biltong-en-brood-aand by te woon nie.

Toegang tot dié funksie beloop R100 per volwassene en R70 per kind.

Tydens dié geleentheid sal twee van Suid-Afrika se grootste rugbysterre as gassprekers optree.

“Ons het vanjaar die voormalige Springbok-rugbyspeler, Vleis Visagie genooi om tydens die geleentheid die gaste toe tespreek. Saam met hom op die verhoog sal die huidige Blou Bul rugbyspeler, Arno Botha wees wat ook ‘n bietjie met die gaste gaan gesels,” vertel Flip.

Vir meer inligting rondom die gholfdag, asook die biltong-en-broodaand,skakel vir Flip by 083 453 6544

Related Articles

 
Back to top button