Jean blink uit by SA Jukskei Kampioenskappe

Plaaslike jukskei speler, Jean Nel, laat die skeie spat tydens die Suid-Afrikaanse Jukskeispan se toer na Namibië.

Greenhills — Plaaslike Jukskeispeler, Jean Nel, het weer vanjaar puik hoogtes in die juksiewêreld behaal en het vanaf 29 April tot 2 Mei as deel van die Suid-Afrikaanse Jukskeispan in Namibië gaan toer.

Alhoewel Jean ‘n Randfontein-inwoner is, is dié jukskeispeler ‘n leerling by Hoërskool Monument.

Volgens Jean, het hy deel van die o.16 Suid-Afrikaanse seuns jukskeispan gevorm en is ook as kaptein van dié span verkies.

“Ons het tydens die toer na Namibië ‘n totaal van 16 wedstryde in die toernooi gespeel en met ‘n algehele tweede plek weggestap,” vertel Jean.

Jean en sy spanmaats het sodoende ook elkeen ‘n silwer medaljé tydens die toernooi verower.

“Na afloop van die toernooi, het ons as die Suid-Afrikaanse span ook teen Namibië se Nasionale span kragte gemeet.

“Ons het dié wedstryd gemaklik gewen en ‘n goue medaljé verower,” vertel Jean trots.

Jean verduidelik dat hy al reeds gedurende Desember 2013 sy Suid-Afrikaanse Jukskeiklere verower het, daarom was hy deel van die toer na Namibië.

Exit mobile version