EntertainmentLifestyleNewsSchools

Wees deel van Riebeeckrand se Fiesta en Beesloopdag

Hoërskool Riebeeckrand bied op 17 Mei 'n Fiesta en Beesloop dag aan en nooi die gemeenskap om saam in die feestelikheid te kom deel.

Hoërskool Riebeeckrand bied vanjaar ‘n Fiesta en Beesloop-dag aan en nooi die gemeenskap om saam met hulle in die feestelikheid rondom dié geleentheid te deel.

Die dag sal op 17 Mei by die skool se sportgronde plaasvind en volgens die bemarker van Hoërskool Riebeeckrand Rickus Kruger, is daar baie om na uit te sien.

Rickus vertel dat die opbou tot die groot fees al reeds op 15 Mei begin.

Dit is tydens dié dag waar spanne aan ‘n “gladiator” – hindernisbaan kan deelneem.

Die volgende dag sal daar ‘n veiling by die skool plaasvind en die inwoners van Randfontein kan items opveil of op goed bie,” vertel Rickus.

Die veilig sal om 6.30nm begin en registrasie vir die veiling beloop R120 per persoon, wat ‘n beesloop-kaartjie en toegang tot die fees insluit.

Saterdag, 17 Mei is die groot dag waar verskeie aktiwiteite tydens die fiesta sal plaasvind.

‘n Kaskarwedren, potjiekoskompetisie, bulletjie rugby en nooitjie netbal is maar net van die pretbelaaide aktiwiteite wat tydens die geleentheid gaan plaasvind.

“Daar sal ‘n toutrek kompetisie wees en die Pom-poms van verskeie skole gaan ook tydens die geleentheid te sien wees,” vertel Rickus.

Hy vertel verder dat een gelukkige feesganger ook met ‘n bees kan wegstap.

“Daar sal verskeie stalletjies wees en kunstenaars, orkeste en kultuurgroepe sal regdeur die dag die feesgangers vermaak,” vertel Rickus.

Feesgangers kan na ‘n touch-rugby toernooi uitsien en spanne kan vir dié toernooi inskryf teen ‘n fooi van R100 per span.

Almal in die gemeenskap is welkom om die dag by te woon en lekker te kom saamkuier.

Vir enige navrae, skakel Hoërskool Riebeeckrand se kantoor by 011 693 3771.

Related Articles

Back to top button