Riebeeckrand neem deel aan ATKV Redenaars

Hoërskool Riebeeckrand is trots op Beloved Schele wat na die semi-finaal van die ATKV Redenaars deurgedring het.

Een van Hoërskool Riebeeckrand se top redenaars-leerlinge Beloved Sechele, het onglangs aan die kwart-finaal van die ATKV redenaarskompetisie deelgeneem en haarself puik van haar taak gekwyt.

Volgens die bemarker van Hoërskool Riebeeckrand Rickus Kruger, het dié rondte van die ATKV redenaarskompetisie by Sutherland High school plaasgevind.

“Daar was 37 leerlinge van Gauteng wat aan die kwart-finaal deelgeneem het.

“Beloved het puik gevaar en het deurgedring na die semi-finaal wat op 31 Mei by Sutherland High school sal plaasvind,” vertel Rickus.

Die personeel en bestuur van Hoërskool Riebeeckrand wens Beloved geluk met die mooi prestasie en hou vir haar duimvas vir die volgende rondte.

Exit mobile version