NewsSchool sportSchoolsSport

Riebeeckrand jukskeispelers verower nasionale klere

Twee van Hoërskool Riebeeckrand se jukskeisterre, Larisca Stoltz en Sandy Thwala, is onglangs in die Suid-Afrikaanse Jukskeispan opgeneem.

Twee van Hoërskool Riebeeckrand se top jukskeispelers Larisca Stoltz en Sandy Thwala het onglangs aan die Suid-Afrikaanse Jukskeitoernooi in Namibie deelgeneem en het tydens dié geleentheid hul Suid-Afrikaanse klere in dié sportsoort verower.

Volgens die bemarker van Hoërskool Riebeeckrand, Rickus Kruger het Larisca en Sandy op 25 April na Kimberly vertrek waar hulle ‘n nasionale kliniek bygewoon het.

“Die Suid-Afrikaanse Jukskeispan, wat Larisca en Sandy insluit, het die volgende oggend na Namibie vertrek,” vertel Rickus.

“Larisca het vir die o.16 dogters span gespeel.

“Dié span het ‘n algehele eerste plek in die toernooi behaal.”

Sandy het vir die o.16 seuns gespeel waar dié span ‘n algehele tweede plek behaal het.

Beide Larisca en Sandy is in die Suid-Afrikaanse Jukskeispan opgeneem.

Die Suid-Afrikaanse seuns en dogters o.16 spanne het teen Namibie se nasionale span kragte gemeet en beide die spanne het met oorwinnings geseëvier.

“Baie geluk aan Larisca en Sandy met die puik prestasies.

“Ons almal by Hoërskool Riebeeckrand is baie trots op julle,” vertel Rickus.

Related Articles

Back to top button