Rappies lewer Goue Leeus speler op

Laerskool Rapportryer spog met een van hul top rugbyspelers wat in die o.13 Goue Leeus Rugbyspan opgeneem is.

Een van Laerskool Rapportryer se top rugbyspelers, JC Grundlingh, het onglangs aan die Wes-Gauteng Laerskole-rugbyproewe deelgeneem.

Dié proewe het oor twee dae gestrek en het by Laerskool Florida plaasgevind.

Volgens die skakelbeampte van Laerskool Rapportryer, Roleen Olivier, het JC tydens dié geleentheid gewys dat hy beslis ‘n aanwins vir die o.13 provinsiale span sal wees.

“Met puik spel en baie goeie teenwoordigheid op die veld, het JC vir homself ‘n plek in die o.13 Goue Leeus rugbyspan losgespeel.

“Hy sal op slot vir dié span uitdraf,” vertel Roleen.

Roleen vertel verder dat JC baie hard oefen om in sy gekose sportsoort te presteer.

“JC is ook ’n uitblinker in Rappies se eerste rugbyspan en het al reeds in dié span baie potensiaal getoon.

“Die afrigters en personeel van Rappies wens hom alle sterkte toe met die wedstryde wat voorlê en glo dat hy daar ook sy kant sal bring en Rappies se naam hoog sal hou,” vertel Roleen.

Exit mobile version