NewsSchools

Ram redenaars blink uit

Laerskool Randfontein se redenaars leerlinge skop stof in hul opponente se oë tydens die ATKV-Redenaarskompetisie.

Laerskool Randfontein (Ram) se redenaars weet beslis hoe om ‘n wen toespraak te lewer en het dit weer tydens die onlangse ATKV Redenaarskompetisie bewys.

Tydens die tweede kwartaal het 16 van Ram se leerlinge aan die ATKV-redenaarskompetisie deel geneem.

Volgens die skakelbeampte van Ram, Annie Nolan, het die leerlinge hulself besonder goed van die taak gekwyt.

“Die toesprake was van uitstaande gehalte en Ram het stof in die oë van die ander deelnemers geskop,” vertel Annie.

“Ons is trots om te sê dat Kieran Rautenbach deurgedring het na die semi-finale rondte van die ATKV-redenaarskompetisie, wat op 23 Mei by die Noordwes-Universiteit se Vaaldriehoekkampus in Vanderbijlpark sal plaasvind.”

Ram se redenaarsleerlinge het ook aan die UJ-Redenaarskompetisie deelgeneem.

Dié kompetisie het by Laerskool Jan van Riebeeck in Heidelberg plaasgevind.

“Weereens het ons leerlinge gewys van watter stoffasie hulle gemaak is en Kieran Rautenbach het tweede in sy kategorie geeïndig, met Giselle Rautenbach derde in haar kategorie,” vertel Annie.

“Ons wil aan elke ouer en afrigter wat bygedra het tot die sukses van ons leerlinge baie dankie sê.

“Al die opofferings wat elkeen van julle gemaak het om dié leerlinge by te staan word raakgesien.”

Related Articles

Back to top button