NewsSchools

Ram lewer ses D2-netbalspelers op

Ram spog weer vanjaar met ses van hul netbalspelers wat in die D2-Netbalspan opgeneem is.

Laerskool Randfontein (Ram) se netbalspanne beleef ‘n besonderse goeie seisoen, met puik prestasies tot dusvêr op alle vlakke.

Volgens die skakelbeampte van Laerskool Randfontein, Annie Nolan, oefen Ram se netbalspelers daagliks en werk hulle baie hard om te verseker dat hulle by elke byeenkoms presteer.

“Al dié harde oefening en toewyding het vrugte afgewerp tydens die onlangse D2-proewe waar ses van Ram se netbalmeisies in die D2-span opgeneem,” vertel Annie.

Dié leerlinge is Michaela Lubbe en Mabu Selowa – o.12. Berejean Domoney, Melouise Mulder, Shevonne Group en Mariska Kruger – o.13.

“Dié dogters sal ook binnekort aan die Gauteng Netbalproewe deelneem,” vertel Annie.

“Ons wens elkeen van dié leerlinge geluk met hul puik prestasie en hou duim vas dat dit met hulle sal goed gaan tydens die opkomende Gauteng Netbalproewe.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button