Neem deel aan AGS Greenhills se Grace Race

Die jeug van AGS Greenhills gemeente nooi die stap en fietsryliefhebbers in die gemeenskap om deel te neem aan hulle Grace Race wat op 17 Mei plaasvind.

Die jeug van AGS Greenhills gemeente, wat as Angels Unleashed bekendstaan, nooi die stap- en- fietsryliefhebbers in die gemeenskap om deel te neem aan hulle Grace Race wat op 17 Mei plaasvind.

Volgens die jeugleier van AGS Greenhills gemeente, Viehann Spies, is die Grace Race een van Angels Unleashed se jaarlikse fondsinsamelingsprojekte.

“Die doel van die dag is vir ons as gemeenskap om saam ‘n dag van pret te geniet.

“Daarom doen ek ‘n beroep op alle fietsryers en stapliefhebbers om in te skryf en deel te wees van die Grace Race,” vertel Viehann.

Hy verduidelik verder dat diegene wat inskryf vir die staproete, twee ure het om ‘n staproete van vyf kilometer te voltooi.

Diegene wat kans sien, kan selfs die roete meer as een keer voltooi.

Die fietsryers het ook ‘n tydperk van twee ure om vanaf die AGS Greenhills se kerkgebou tot by die Paardekraalweg-afrit op die R28 en weer terug tot by die kerkgebou te ry.

“Fietsryers kan ook dié roete meer as een keer voltooi indien hulle wil,” vertel Viehann.

Die Grace Race sal om 9vm by die AGS Greenhills-gemeente se kerkgebou afskop.

“Ons sal ook op die fietsroete ‘n waterpunt hê en twee motors wat die fietsryers op die pad vergesel,” vertel Viehann.

Inskrywing vir die stap- en- fietsryroete beloop R20 per persoon.

Kaartjies kan by die kerk of by Viehann gekoop word.

Vir meer inligting rondom die Grace Race of om te registreer vir die vir die stap- of fietsroete, skakel gerus die AGS kerkkantoor by 011 692 3880 of vir Viehann Spies by 083 809 4314.

Exit mobile version