Local newsNews

Kom kuier saam met Marius Landman

AGS Greenhills bied nou die gemeenskap die geleentheid om 'n oggend van bediening en gesang saam die weldekende sanger, Marius Landman te kom geniet.

Pastoor Hannes van der Merwe van die AGS Greenhills gemeente nooi die gemeenskap hartlik uit om ‘n oggend van bediening en gesang saam met die welbekende sanger, Marius Landman te kom geniet.

Volgens Hannes sal Marius Landman op 25 Mei tydens die gemeente se sondagoggend-erdiens by die kerk optree.

“Die geleentheid belowe weer om ‘n baie geseënde oggend in die teenwoordigheid van God te wees.

“Daarom doen ons ‘n beroep op almal wat belangstel om die geleentheid by te woon,” vertel Hannes.

Hannes vertel verder dat dié gemeente se tema vir Mei ‘Ek is by julle’ is en dat Marius se boodskap direk by die tema sal aansluit.

Toegang tot die geleentheid is gratis en almal is welkom om die oggend by te woon.

Vir meer inligting rondom die geleentheid, skakel gerus die AGS Greenhills kerkkantoor by 011 692 3880.

Related Articles

Back to top button