Wen kaartjies na Juanita konsert

Vyf gelukkig lesers kan elk twee kaartjies na Suid-Afrika se eie platinumprinses se konsert by die Fochville Burgersentrum op 22 Mei wen.

Inskrywings vir die Randfontein herald se Juanita du Plessis-kompetisie stroom steeds in.

Vyf gelukkige lesers kan elk twee kaartjies na Suid-Afrika se eie platinumprinses se konsert by die Fochville Burgersentrum op 22 Mei wen.

Al wat jy hoef te doen om in aanmerking vir dié prys te kom, is om in die kommentaarboksie hieronder vir ons te vertel wat is jou gunstelling Juanita-liedjie en waarom.

Die organiseerders van dié kompetisie bied ook vir herald-lesers ‘n spesiale afslag op kaartjies na dié vertoning aan.

Die normale kaartjieprys beloop R100 per persoon, maar herald-lesers kan nou kaartjies kry teen slegs R80 per kaartjie.

Om jou spesiale-aflsagkaartjies te bestel, kontak gerus vir André Kilian by Mad Events op 082 578 7855.

Inskrywings sluit op 16 Mei en die kompetisiewenners sal op Dinsdag 20 Mei in kennis gestel word.

So stuur nou jou inskrywing in om Juanita in aksie op die verhoog te sien.

Exit mobile version