Local newsNews

Plaaslike skrywer maak haar debut

Hanlie Thiel geniet groot aftrek tydens haar boekbekendstelling van haar debuut, Kind van my Hart.

“So vinning word jou kinders groot en dan is herinneringe al wat jy nog kan koester van jou kind se kinderjare.”

Dit die woorde van plaaslike skrywer, Hanlie Thiel, wat op 25 April haar boek, Kind van my Hart, bekendgestel het.

Volgens Hanlie, handel dié boek oor haar aangenome kind, Linzi Olivier, en die pad wat hulle as ouers moes stap vandat hulle haar aangeneem het tot haar troudag.

“Gedurende ons reis as ouers van ‘n aangenome kind het ons baie lekker tyde asook moeilike tye beleef, maar regdeur alles het God altyd sy hand oor ons almal gehad,” vertel Hanlie.

Sy vertel verder dat dié boek ander ouers sal inspireer om hul tyd saam met hul kinders, hetsy biologies of aangeneem, te koester en elke oomblik saam te geniet.

“Alhoewel elke oomblik saam met Linzi ‘n geskenk was, was daar moeilike tye.

“Een van dié tye was toe Linzi in haar matriekjaar, haar biologiese ouers opgespoor het en besluit het om by hulle te gaan woon.

“Dit het my verhouding met haar baie skade aangerig, maar tog het ons band weer kort daarna versterk,” vertel Hanlie.

“Ek glo dat elke ouer ‘n les uit dié boek uit kan leer en meer oor verwerping en ander aspekte van kind- en- ouer wees sal verstaan.”

Hanlie het op 25 April haar boek by Randfontein High School bekendgestel en sowat 70 mense het die geleentheid bygewoon.

Die bekendstelling was ‘n reuse sukses en sal beslis ‘n hoogtepunt in Hanlie en haar gesin se lewe bly.

“Om die boek te skryf en vry te stel is beslis ‘n droom wat ‘n realiteit geword het en ek kan nie genoeg dankie sê aan elkeen wat die geleentheid bygewoon het nie,” vertel Hanlie.

Related Articles

 
Back to top button