NewsSchool sportSchoolsSport

Jannas seunshokkie lyk belowend

Hoërskool Jan Viljoen se seunshokkiespelers is beslis vanjaar 'n krag om mee rekening te hou en bewys dit in elke kragmeting wat hulle aanpak.

Hoërskool Jan Viljoen se seunshokkiespan het vanjaar al reeds groot opslae gemaak en spog met ‘n totaal van agt oorwinnings in die nege wedstryde wat hulle al gespeel het.

Volgens die afrigter van dié hokkiespan, Niekie Barkhuizen, bestaan die span uit seuns tussen die ouderdomme van 14- en- 18-jaar.

“Alhoewel baie van ons spelers nog juniors is, neem die span in die senior liga deel en het al reeds bewys dat hulle vir niks terugstaan nie,” vertel Niekie.

Hy vertel verder dat hulle slegs een wedstryd in vanjaar se liga verloor het.

Dié wedstryd was teen Randfontein High School en hy vertel dat dié span nodig gehad het om teen RHS te verloor.

“Met ‘n nederlaag teen RHS, was ons vasbeslote om ons volgende wedstryd te wen.

Die wedstryd het op 10 April teen Hoërskool Riebeeckrand plaasgeving en ons het met ‘n telling van 3-2 geseevier,” vertel Niekie.

Jannas se volgende wedstryd was teen die Randfontein Hokkieklub.

Die wedstryd het op 19 April op Jannas se velde plaasgevind en Jannas het behoorlik die klubspan gestormloop.

Jannas het die kragmeting met ‘n telling van 4-0 beklink.

“Ons het op 24 April teen Hoërskool Bekker te staan gekom en alhoewel dit ‘n wegwedstryd was, het die jannas-manne weer baie goed gevaar om die wedstryd ook met ‘n telling van 3 – 1 te wen,” vertel Niekie.

“Ek is baie trots op die groep leerlinge.

“Hulle het vanjaar baie hard gewerk en gewys dat hulle ‘n groot aanwins vir die hokkiewêreld is.”

Related Articles

Back to top button